Ou Testament

Nuwe Testament

Klaagliedere 1:5-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. Haar onderdrukkers het haar heersers geword en haar teëstanders het ’n einde aan haar gemaak, want יהוה het haar laat ly weens die menigte van haar sondes; haar kinders het in ballingskap gegaan voor die teëstander

6. en al die glans en grootheid het gewyk van die dogter van Tziyon af; haar prinse het geword soos bokke wat geen weiveld vind nie en is kragteloos weg voor die vervolger.

7. In haar tyd van onderdrukking en straf onthou Yerushalayim al die aangename dinge wat sy in die ou dae gehad het. Toe haar volk in die hande van die onderdrukker geval het en sy niemand gehad het om haar te help nie, het die onderdrukker haar gesien en gespot met haar verwoesting.Yeg 39:23,24

8. Yerushalayim het ernstig gesondig; daarom het sy verwerplik geword; almal wat haar geëer het, het haar verag omdat hulle haar kaalheid gesien het; ja, sy sug en draai om.

9. Haar onreinheid is in haar rokke, sy het nie aan haar einde gedink nie en daarom is haar eer en lof laag, sy het geen vertrooster nie. O, יהוה, sien my ellende, want die vyand het hom vergroot.Deut 23:3,4; 2 Kon 25; Yir 52; Yeg 24:21

10. Die onderdrukker het sy hand uitgesteek na al haar kosbaarhede, want ek het gesien dat die ander nasies U afgesonderde plek onteer, van wie U bevel gegee het dat hulle nie in U vergadering mag kom nie.

11. Al haar mense sug, hulle soek brood; hulle het al hul kosbaarhede vir kos gegee, om hulle lewe te verlig. Kyk, יהוה en sien, ek word verag.

12. Is dit vir julle niks nie, julle almal wat verbygaan? Verstaan en kyk of daar ’n pyn is soos my pyn, wat יהוה vir my uitgedeel het, want יהוה het my geteister op die dag van Sy vreeslike woede.

13. Van bo af het Hy vuur gestuur in my gebeente en dit het my verneder; Hy het ’n net vir my voete uitgesprei en my laat terugdraai, Hy het my aan die swaard oorgegee en ek is die hele dag lank ellendig.

14. My sonde het vergelding op my afgebring, Sy juk is met Sy hande op my nek vasgebind, my krag faal. יהוה het my oorgegee in die hande van hulle voor wie ek nie kan staande bly nie.

15. יהוה het al my magtiges binne-in my onderwerp, Hy het ’n vergadering teen my uitgeroep om my jongmanne te vernietig; יהוה het die maagd van Y’hudah soos in ’n parskuip getrap.

16. Oor hierdie dinge huil ek, my oog loop in trane, want die Vertrooster wat my lewe moet verkwik, is ver van my; my seuns is verlate omdat die vyand oorwin.

17. Tziyon steek haar hande uit en daar is niemand om haar te troos nie; יהוה het opdrag gegee teen Ya’akov en sy onderdrukkers is rondom hom; Yerushalayim het veragtelik geword in hulle midde.

18. יהוה is regverdig en ek het teen Hom rebelleer. Hoor, al julle volke en sien my smart; my maagde en my jongmanne is weg in gevangeskap.

Lees volledige hoofstuk Klaagliedere 1