Ou Testament

Nuwe Testament

Iyov 42:1-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe het Iyov יהוה geantwoord en gesê:

2. “Ek weet dat U al hierdie dinge kan doen en dat geen plan vir U weggesteek is nie.

3. Wie is ek om te dink ek kan raad gee sonder kennis? U het daarom aan my verklaar dat ek gesê het wat ek nie verstaan nie; dinge te wonderlik vir my, wat ek nie ken nie.

4. Hoor my, bid ek van U en ek sal praat; ek sal U vra en verklaar U aan my:

5. volgens hoorsê het ek van U gehoor, maar nou sien my oog U;

6. daarom sal ek stilbly en erken en terugdraai in stof en as.”

7. Nadat יהוה hierdie woorde met Iyov gepraat het, het dit gebeur dat יהוה vir Elifaz, die Temaniet gesê het: “My toorn het ontvlam teen jou en jou twee vriende, want julle het nie reg van My gepraat in My Teenwoordigheid soos My dienskneg Iyov gedoen het nie;

8. daarom, vat nou vir julle sewe bulle en sewe ramme en gaan na My dienskneg Iyov toe en bring vir julleself ’n brandoffer. My dienskneg Iyov sal vir julle bid, want hom sal Ek aanvaar sodat Ek nie veragtelik met julle handel nie, want julle het nie in My Teenwoordigheid dit wat reg is gepraat soos My dienskneg Iyov gedoen het nie.”

Lees volledige hoofstuk Iyov 42