Ou Testament

Nuwe Testament

Iyov 1:1-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Daar was ’n man in die land van `Utz met die naam van Iyov. Daardie man was onskuldig, opreg, een wat God respekvol gevrees het en wat weggedraai het van die bose.

2. Daar is vir hom sewe seuns en drie dogters gebore.

3. Sy besittings was sewe duisend skape, drie duisend kamele, vyf honderd jukpaar beeste, vyf honderd donkiemerries en ’n baie groot huishouding sodat hierdie man die grootste was van al die manne van die Ooste.

4. Sy seuns het gegaan en in mekaar se huise volgens elkeen se vasgestelde dag ’n fees gehou en hulle het gestuur en hul drie susters genooi om saam met hulle te eet en te drink.

5. Dit was so dat elke keer as die dae van hulle fees verby was, Iyov gestuur en hulle afgesonder het; Iyov het vroeg in die oggend opgestaan en brandoffers gebring vir elkeen van hulle, want Iyov het gesê: “Dit mag wees dat my seuns gesondig het en God in hulle hart gevloek het!” Dit het Iyov voortdurend gedoen.

6. Daar was ’n dag waarop die seuns van God hulleself voor יהוה kom aanbied het en die teëstander het ook saam met hulle gekom.

7. יהוה vra vir die teëstander: “Waar kom jy vandaan?” Toe antwoord die teëstander יהוה en sê: “Van heen en weer gaan en loop op die aarde.”

Lees volledige hoofstuk Iyov 1