Ou Testament

Nuwe Testament

Hoshea 8:5-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. Hulle is deur jou kalf afvallig gemaak, o Shomron: “My woede brand teen hulle!” Hoe lank sal dit wees voordat hulle onskuldig verklaar kan word?

6. Want die afgodsbeeld kom vanaf Yisra’el! ’n Skrynwerker het dit gemaak. Dit is nie God nie, maar jou kalf, o Shomron, wat gemaak is vir misleiding,

7. want hulle saai die wind en maai die warrelwind. Die staande graan het geen halms nie; dit lewer geen graan op nie. As dit iets sou oplewer, sou vreemdelinge dit verslind.

8. Yisra’el word ingesluk; hulle is nou onder die nasies soos ’n houer waarin niemand vreugde vind nie,

9. want hulle het opgegaan na Ashur, alleen soos ’n wilde-donkie; Efrayim het gehuurde minnaars.

10. Alhoewel hulle oorgegee sal word aan die nasies, sal Ek hulle bymekaarmaak en hulle sal ’n rukkie rus van die laste van die konings en die prinse.

Lees volledige hoofstuk Hoshea 8