Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 4:15-26 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

15. יהוה sê vir hom: “Daarom, as enigeen Kayin doodslaan, sal dit sewevoudig gewreek word.” יהוה het ’n merk op Kayin gesit sodat enigeen wat hom kry, hom nie sou doodslaan nie.

16. Kayin het weggegaan vanuit die Teenwoordigheid van יהוה en hy het gebly in die land Nod, aan die oostekant van `Eden.

17. Kayin het ’n verbondsverhouding met sy vrou gehad en sy het swanger geword en geboorte gegee aan Hanokh. Hy het ook ’n stad gebou en die stad genoem na die naam van sy seun, Hanokh.

18. Vir Hanokh is `Irad gebore en `Irad was die vader van Meguya’el en Meguya’el was die vader van Metusha’el en Metusha’el die vader van Lemekh.

19. Lemekh het vir homself twee vroue gevat. Die naam van die eerste was `Adah en die naam van die tweede Tzilah.

20. `Adah het geboorte gegee aan Yaval. Hy was die vader van die wat in tente gebly het en vee gehad het.

21. Die naam van sy broer was Yuval. Hy was die vader van almal wat op snaarinstrumente en blaasinstrumente speel.

22. Tzilah het ook geboorte gegee, naamlik aan Tuval-Kayin, wat allerhande koper- en ysterinstrumente gemaak het en die suster van Tuval-Kayin was Na’amah.

23. Lemekh het aan sy vroue gesê: “`Adah en Tzilah, hoor my stem! Vroue van Lemekh, luister na my woord! Ek slaan ’n man dood wat my wond en ’n seun wat my beseer.

24. As Kayin sewe maal gewreek word, dan Lemekh sewe en sewentig maal.”

25. Adam het weer intiem met sy vrou verkeer en sy het geboorte gegee aan ’n seun en hom Shet genoem, want, het sy gesê: ‘God het vir my ’n ander saad benoem in die plek van Hevel omdat Kayin hom doodgeslaan het.’

26. Ook vir Shet is ’n seun gebore, wat hy Enosh genoem het. Van daardie tyd af het hulle die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה onterend aangeroep.

Lees volledige hoofstuk Genesis 4