Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 35:1-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. God het vir Ya’akov gesê: “Staan op, gaan op na Beit-El, bly daar en bou daar ’n altaar vir die Magtige God wat aan jou verskyn het toe jy gevlug het van die teenwoordigheid van jou broer, `Esav, af.”

2. Ya’akov sê vir sy huisgesin en aan almal wat by hom was: “Gooi weg die vreemde gode wat onder julle is, reinig julle en trek ander klere aan

3. en laat ons opstaan en optrek na Beit-El en ek sal daar ’n altaar bou vir die Magtige God wat my geantwoord het op die dag van my benoudheid en by my was op die pad wat ek gegaan het.”

4. Toe gee hulle vir Ya’akov al die vreemde gode wat in hulle besit was en die ringe aan hulle ore en Ya’akov het dit weggesteek onder die Eikeboom wat by Sh’khem is.

5. Hulle het weggetrek en ’n vrees van God het op die stede rondom hulle gekom sodat hulle die seuns van Ya’akov nie agtervolg het nie.

6. So het Ya’akov dan in Luz, dit is Beit-El, aangekom wat in die land Kena’an is; hy en al die mense wat by hom was.

7. Hy het daar ’n altaar gebou en die plek El-Beit-El genoem, want daar het die Magtige God homself aan hom openbaar toe hy vir die teenwoordigheid van sy broer gevlug het.

8. D’vorah, Rivkah se oppasster, is dood en sy is begrawe onderkant Beit-El, onder die eikeboom. Hulle het dit Alon-Bakhut genoem.

9. God het weer aan Ya’akov verskyn by sy terugkoms uit Paddan-Aram en hom geseën.

10. God het vir hom gesê: “Jou naam is Ya’akov; jy sal verder nie Ya’akov genoem word nie, maar Yisra’el sal jou naam wees” en Hy het hom Yisra’el genoem.

11. God het ook vir hom gesê: “Ek is El-Shaddai (Die Magtige God wat meer as genoeg is). Wees vrugbaar en vermeerder. ’n Nasie, ja, ’n versameling van nasies, sal van jou uitgaan en konings sal uit jou lendene uitkom.

12. Die land wat Ek vir Avraham en Yitz’gak gegee het, gee Ek vir jou en aan jou nageslag ná jou gee Ek die land.”

13. Toe het God van hom af opgegaan op die plek waar Hy met hom gepraat het.

Lees volledige hoofstuk Genesis 35