Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 30:32-39 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

32. ek sal vandag deur al u troppe kleinvee gaan en daaruit al die gestippelde en bont vee uitkeer en al die bruines onder die skaaplammers, asook die bontes en gestippeldes onder die bokke, dit sal my loon wees.

33. Net soos my eerlikheid vandag vir my getuig; net so sal dit wees wanneer my loon voor u gebring word; alles wat nie gestippeld of bont is onder die bokke en wat nie bruin is onder die skaaplammers nie, sal as gesteelde goed by my beskou word.”

34. Lavan antwoord: “O, laat dit wees volgens jou woord!”

35. Ya’akov het dieselfde dag die gestreepte en bont bokke en al die gestippelde en bont bokooie uitgekeer, almal wat wit aan hulle gehad het en almal wat bruin was onder die skaaplammers en dié in sy seuns se hande afgegee.

36. Lavan het drie dae se reis tussen hom en Ya’akov bepaal en Ya’akov het die orige kleinvee van Lavan opgepas.

37. Ya’akov vat vir homself groen latte van populier-, amandel- en plataanhout en hy skil wit strepe daarvan af sodat die wit van die latte wys

38. en hy sit die latte wat hy afgeskil het vlak voor die vee in die trôe, in die drinkbakke waar die vee kom drink het sodat hulle op hitte kom as hulle kom drink.

39. Die vee het op hitte gekom by die latte en die vee het gestreeptes, gestippeldes en bontes gelam.

Lees volledige hoofstuk Genesis 30