Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 22:1-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Ná hierdie dinge het God Avraham getoets en vir hom gesê: “Avraham!” Hy antwoord: “Hier is ek!”

2. Hy sê: “Neem nou jou seun, jou uniek enigste wat jy liefhet, Yitz’gak en gaan na die land Moriyah en offer hom daar as brandoffer op een van die berge wat Ek vir jou sal uitwys.”

3. Avraham het die oggend vroeg opgestaan, sy donkie opgesaal en twee van sy jong diensknegte en sy seun Yitz’gak saam met hom gevat. Hy het hout gekloof vir ’n brandoffer en opgestaan en na die plek gegaan wat God hom uitgewys het.

4. Op die derde dag slaan Avraham sy oë op en sien die plek van ver af

5. en Avraham sê vir sy jong diensknegte: “Bly julle hier met die donkie; ek en die seun sal daarheen gaan om te aanbid en ons sal dan na julle toe terugkom.”

6. Avraham het die hout vir die brandoffer gevat en dit op sy seun Yitz’gak gesit en die vuur en die mes in sy hand gevat en hulle twee het saam geloop.

7. Toe praat Yitz’gak met sy vader Avraham en sê: “My vader!” Hy antwoord: “Hier is ek, my seun!” Hy sê: “Let op, die vuur en die hout, maar waar is die lam vir ’n brandoffer?”

8. Avraham antwoord: “God sal vir Homself die lam vir ’n brandoffer voorsien, my seun.” So het hulle twee saam geloop.

9. Hulle het op die plek wat God vir hom uitgewys het gekom en Avraham het ’n altaar daar gebou en die hout reggesit en sy seun Yitz’gak vasgebind en hom op die altaar bo-op die hout gesit.

10. Avraham het sy hand uitgesteek en die mes gevat om sy seun dood te maak.

Lees volledige hoofstuk Genesis 22