Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 19:1-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Die twee engele het teen sonsondergang in S’dom aangekom terwyl Lot in die poort van S’dom sit en toe Lot hulle sien, het hy opgestaan om hulle te ontmoet en homself neergebuig met sy gesig na die grond toe

2. en gesê: “Let nou op, my meesters, draai tog uit na die huis van u dienaar en bly die nag oor en was u voete, dan kan u vroeg opstaan en u reis voortsit,” maar hulle antwoord: “Nee, ons sal op die plein bly.”

3. Hy het egter sterk by hulle aangedring sodat hulle na hom uitgedraai en in sy huis ingekom het. Hy het vir hulle ’n ete voorberei en ongesuurde brood gebak en hulle het geëet.

4. Voordat hulle nog gaan lê het, het die manne van die stad, die manne van S’dom, die huis omsingel: jonk en oud, die hele bevolking van die stad.

5. Hulle het na Lot geroep en vir hom gesê: “Waar is die manne wat vannag na jou toe gekom het? Bring hulle na ons toe uit sodat ons ’n intieme verhouding met hulle kan hê.”

6. Lot het uitgegaan na hulle toe voor die ingang, die deur agter hom toegesluit

7. en gesê: “Asseblief, my broers, moenie boosheid doen nie.

Lees volledige hoofstuk Genesis 19