Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 19:1-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Die twee engele het teen sonsondergang in S’dom aangekom terwyl Lot in die poort van S’dom sit en toe Lot hulle sien, het hy opgestaan om hulle te ontmoet en homself neergebuig met sy gesig na die grond toe

2. en gesê: “Let nou op, my meesters, draai tog uit na die huis van u dienaar en bly die nag oor en was u voete, dan kan u vroeg opstaan en u reis voortsit,” maar hulle antwoord: “Nee, ons sal op die plein bly.”

3. Hy het egter sterk by hulle aangedring sodat hulle na hom uitgedraai en in sy huis ingekom het. Hy het vir hulle ’n ete voorberei en ongesuurde brood gebak en hulle het geëet.

4. Voordat hulle nog gaan lê het, het die manne van die stad, die manne van S’dom, die huis omsingel: jonk en oud, die hele bevolking van die stad.

5. Hulle het na Lot geroep en vir hom gesê: “Waar is die manne wat vannag na jou toe gekom het? Bring hulle na ons toe uit sodat ons ’n intieme verhouding met hulle kan hê.”

6. Lot het uitgegaan na hulle toe voor die ingang, die deur agter hom toegesluit

7. en gesê: “Asseblief, my broers, moenie boosheid doen nie.

8. Let nou op, ek het twee dogters wat met geen man intiem was nie; laat ek dié na julle uitbring en doen met hulle soos dit goed is in julle oë. Net aan hierdie manne moet julle niks doen nie, want daarom het hulle onder die skaduwee van my dak ingekom.”

9. Hulle sê: “Staan terug!” Ook sê hulle: “Hierdie een het gekom om as gas tussen ons te kom bly en nou tree hy op as regter oor ons. Nou sal ons jou meer kwaad aandoen as aan hulle.” Toe het Lot desperaat met hulle baklei en hulle het nader gekom om die deur af te breek,

10. maar die manne het hulle hand uitgesteek en Lot by hulle in die huis ingebring en die deur toegesluit.

11. Toe slaan hulle die manne wat by die ingang van die huis was, van klein tot groot, met blindheid sodat hulle moeg geword het om tevergeefs na die ingang te soek.

12. Die manne sê vir Lot: “Het jy nog iemand hier? ’n Skoonseun, jou seuns, jou dogters en almal wat jy in die stad het; bring hulle uit die plek uit,

Lees volledige hoofstuk Genesis 19