Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 14:3-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

3. Al hierdie het bymekaargekom in die vlakte van Siddim, dit is die Soutsee.

4. Hulle het K’dorla’omer twaalf jaar lank gedien, maar in die dertiende jaar het hulle gerebelleer.

5. In die veertiende jaar het K’dorla’omer en die konings wat saam met hom was gekom en hulle het die Refa’iete in `Asht’rot-Karnayim, die Zuziete in Ham, die Eimiete in Shaveh-Kiryatayim

6. en die Horiete op hulle Se’ir gebergtes, tot by Eil-Pa’ran, wat aan die wildernis lê, verslaan.

7. Daarna het hulle omgedraai en by Ein-Mishpat, dit is Kadesh, gekom en die hele land van die `Amalekiete verower asook die Emoriete wat in Hatzatzon-Tamar bly.

8. Toe gaan die konings van S’dom, `Amorra, Admah, Tzvoyim en Bela, dit is Tzo’ar, uit en stel hulleself op in slagorde in die vlakte van Siddim

9. teen K’dorla’omer, die koning van `Eilam, Tid’al, die koning van die ander nasies, Amrafel, die koning van Shin’ar en Aryok, die koning van Ellasar: vier konings teen vyf.

10. Die vlakte van Siddim was vol asfaltgate en toe die konings van S’dom en `Amorra wegvlug, het sommige daarin geval en die wat oorgebly het, het na die berge gevlug.

11. Hulle het al die besittings van S’dom en `Amorra en al hulle kos gevat en weggetrek.

12. Hulle het ook vir Lot, Avram se broerskind en al sy besittings gevat, want hy het in S’dom gebly en weggegaan.

13. ’n Vlugteling kom en vertel dit vir Avram, die Hebreër wat by die Eikebome van Mamre, die Emoriet, broer van Eshkol en `Aner, gebly het; hulle was in verbond met Avram.

14. Toe Avram hoor dat sy broerskind as gevangene weggevoer is, het hy sy drie honderd en agtien opgeleide, geoefende manne, wat in sy huis gebore is, laat uittrek en hulle tot by Dan agtervolg.

Lees volledige hoofstuk Genesis 14