Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 14:11-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. Hulle het al die besittings van S’dom en `Amorra en al hulle kos gevat en weggetrek.

12. Hulle het ook vir Lot, Avram se broerskind en al sy besittings gevat, want hy het in S’dom gebly en weggegaan.

13. ’n Vlugteling kom en vertel dit vir Avram, die Hebreër wat by die Eikebome van Mamre, die Emoriet, broer van Eshkol en `Aner, gebly het; hulle was in verbond met Avram.

14. Toe Avram hoor dat sy broerskind as gevangene weggevoer is, het hy sy drie honderd en agtien opgeleide, geoefende manne, wat in sy huis gebore is, laat uittrek en hulle tot by Dan agtervolg.

15. Hy en sy diensknegte het opgedeel in die nag en hulle aangeval en hulle verslaan en agtervolg tot by Hovah wat noord van Dammesek lê.

16. Hy het al die besittings teruggebring, asook sy broerskind Lot en sy besittings, die vroue en al die mense.

17. Die koning van S’dom het ná sy terugkoms van die verslaan van K’dorla’omer en die konings wat saam met hom was, uitgetrek, hom tegemoet, in die Shavehvallei, dit is die Koningsvallei.

18. Malki-Tzedek, die koning van Shalem, nie-Levitiese priester van El-`Elyon (Die Allerhoogste, Magtige God), het brood en wyn uitgebring

19. en hom geseën en gesê: “Geseënd is Avram deur El-`Elyon, die Skepper van hemele en aarde

20. en geseënd is El-`Elyon, wat u vyande in u hand gegee het.” Toe gee Avram hom ’n tiende van alles.Heb 7:1,2

21. Die koning van S’dom sê vir Avram: “Gee vir my die mense, maar vat die besittings vir uself,

22. maar Avram antwoord die koning van S’dom: “Ek het my hand opgelig voor יהוה, El-`Elyon, die Skepper van hemele en aarde

Lees volledige hoofstuk Genesis 14