Ou Testament

Nuwe Testament

`Ezra 8:29-36 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

29. Wees versigtig en bewaak hulle totdat julle dit oorhandig in die teenwoordigheid van die leiers van die priesters, die Leviete en die leiers van die families van Yisra’el in Yerushalayim, in die kamers van die huis van יהוה.”

30. Die priesters en die Leviete het dit op hulleself geneem om die silwer, die goud en die voorwerpe per gewig af te lewer en hulle na Yerushalayim, na die huis van ons God, te bring.

31. Daarna het ons weggegaan van die rivier Ahawa af op die twaalfde dag van die eerste maand, om na Yerushalayim te gaan en die hand van ons God was op ons en Hy het ons bevry uit die hand van ons vyande en van hulle wat langs die pad lê en wag

32. en ons het in Yerushalayim aangekom en drie dae daar gebly.

33. Op die vierde dag het ons die silwer, die goud en die voorwerpe in die huis van ons God afgeweeg en dit oorhandig aan M’remot, die seun van Uriyah, die priester en saam met hom was El’azar, die seun van Pingas en by hulle Yozavad, die seun van Yeshua en No’adyah, die seun van Binui, die Leviete,

34. volgens getal en gewig van alles en die gewig van alles is op daardie tyd opgeskryf.

35. Dit is die nageslag van hulle wat gevange weggevoer is en van die gevangeskap teruggekeer het, wat brandoffers gebring het aan die God van Yisra’el: twaalf bulle vir die hele Yisra’el, ses en negentig ramme, sewe en sewentig lammers, twaalf bokramme as ’n sondoffer; dit alles was ’n brandoffer aan יהוה

36. en hulle het die verordeninge van die koning aan die koning se prinse oorhandig en aan die goewerneurs wes van die Eufraat en hulle het respek betoon aan die volk en aan die huis van God.

Lees volledige hoofstuk `Ezra 8