Ou Testament

Nuwe Testament

`Ezra 6:5-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. Laat ook die goue en silwer voorwerpe van die huis van God, wat N’vukadnetzar uit die tempel in Yerushalayim weggevat en na Bavel gebring het, teruggegee word en weer na die tempel, wat in Yerushalayim is, gebring word, elkeen na sy plek en jy moet hulle in die huis van God sit;

6. daarom nou, laat Tattenai, kanselier wes van die Eufraat, Sh’tar-Boznai met hulle bondgenote, die kanseliers wes van die Eufraat, daar wegbly.

7. Laat die werk aan die huis van God alleen; laat die Y’hudahiete en die bannelinge van Y’hudah die huis van God op sy plek bou.

8. Meer nog, die bevel is deur my uitgevaardig, waarom argumenteer julle dan met die Y’hudahiete van die gevangeskap en verhinder julle hul om die huis van God te bou? Vanuit dit wat die koning se rykdom is en vanuit die belasting van die westelike gebied van die Eufraat, moet die uitgawes aan daardie manne betaal word sodat hulle nie verhinder sal word om te bou nie.

9. Wat hulle ook al wil hê, gee dit vir hulle en moet in niks hulle tekort laat nie, jong bulle, sowel as ramme en lammers vir die brandoffers aan die God van die hemel; koring, sout, wyn en olie moet aan hulle volgens verordening van die priesters in Yerushalayim, sonder versuim, dag vir dag, gegee word

10. dat hulle offers kan bring aan die God van die hemel en kan bid vir die koning en sy seuns.

11. Ek het ook ’n verordening gemaak dat wie ook al hierdie bevel verander; laat ’n balk uit sy huis getrek word en vir hom ’n kruis gemaak word en laat hy daarop gekruisig word en van sy huis ’n mishoop gemaak word.

12. Die God, Wie se Naam (Karakter en Outoriteit) ons gevind het dat dit daar is, sal daar bly en elke koning of volk wat sy hand uitsteek om hierdie bevel te oortree, of om die huis van God, wat in Yerushalayim is, te verwoes, Ek, Daryavesh, het beveel dat hy haastig vernietig sal word.

13. Toe het Tattenai, kanselier wes van die Eufraat en Sh’tar-Boznai met hulle bondgenote gou gehandel volgens die bevel wat Daryavesh, die koning gestuur het.

14. Die Y’hudahiete het die werk gedoen en hulle was voorspoedig deur die profesieë van Haggai, die profeet en Z’kharyah, die seun van `Iddo en hulle het gebou en dit voltooi volgens die bevel van die God van Yisra’el en op bevel van Koresh, Daryavesh en Artag’shashta, konings van Perse.

Lees volledige hoofstuk `Ezra 6