Ou Testament

Nuwe Testament

`Ezra 6:3-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

3. in die eerste jaar van Koresh, die koning, het Koresh die koning ’n verordening uitgevaardig en beveel dat die huis van God, wat in Yerushalayim is, herbou moet word op die plek waar hulle offers bring en sy fondasies gegooi word; sy hoogte moet sestig el en sy breedte twintig el wees;

4. met drie lae groot klippe en deure van nuwe hout en laat die onkoste uit die huis van die koning betaal word.

5. Laat ook die goue en silwer voorwerpe van die huis van God, wat N’vukadnetzar uit die tempel in Yerushalayim weggevat en na Bavel gebring het, teruggegee word en weer na die tempel, wat in Yerushalayim is, gebring word, elkeen na sy plek en jy moet hulle in die huis van God sit;

6. daarom nou, laat Tattenai, kanselier wes van die Eufraat, Sh’tar-Boznai met hulle bondgenote, die kanseliers wes van die Eufraat, daar wegbly.

7. Laat die werk aan die huis van God alleen; laat die Y’hudahiete en die bannelinge van Y’hudah die huis van God op sy plek bou.

8. Meer nog, die bevel is deur my uitgevaardig, waarom argumenteer julle dan met die Y’hudahiete van die gevangeskap en verhinder julle hul om die huis van God te bou? Vanuit dit wat die koning se rykdom is en vanuit die belasting van die westelike gebied van die Eufraat, moet die uitgawes aan daardie manne betaal word sodat hulle nie verhinder sal word om te bou nie.

Lees volledige hoofstuk `Ezra 6