Ou Testament

Nuwe Testament

`Ezra 5:12-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. maar omdat ons vaders die God van die hemel getart het tot woede, het Hy hulle oorgegee in die hand van N’vukadnetzar, koning van die Kasdeërs, wat hierdie huis vernietig en die volk na Bavel weggevoer het.

13. In die eerste jaar van Koresh, koning van Perse, het Koresh egter ’n bevel gegee dat hierdie huis van God herbou moet word.

14. Ook die goue en silwer voorwerpe van die huis van God wat N’vukadnetzar uit die tempel in Yerushalayim weggevat en in die tempel van Bavel gesit het, daardie voorwerpe het Koresh, die koning uit die tempel van Bavel gevat en dit oorhandig aan een met die naam van Sheshbatzar, wat hy goewerneur gemaak het

15. en hy het vir hom gesê: ‘Vat hierdie voorwerpe, gaan sit dit in die tempel in Yerushalayim en laat die tempel van God herbou word op sy plek.

16. Toe het dieselfde Sheshbatzar gekom en die fondasies van die huis van God in Yerushalayim gelê en van toe af tot nou toe word daar gebou en nog is dit nie voltooi nie;’

17. daarom, as dit vir die koning goed is, laat daar gesoek word in die skathuis van die koning, daar in Bavel, of dit so is dat daar ’n bevel deur koning Koresh uitgevaardig is om hierdie huis van God in Yerushalayim te bou en mag die koning sy wil aangaande hierdie saak aan ons stuur.”

Lees volledige hoofstuk `Ezra 5