Ou Testament

Nuwe Testament

Ester 9:8-19 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. Porata, Adalya, Aridata,

9. Parmahsta, Arisai, Aridai en Vaizata,

10. die tien seuns van Haman, die seun van Hammedatha, die vyand van die Y’hudahiete, gedood, maar hulle het nie hulle hande gesit aan die buit nie.

11. Op daardie dag is die getal van dié wat in die paleis Shushan gedood is, voor die koning gebring

12. en die koning het vir Ester, die koningin, gesê: “In die paleis Shushan het die Y’hudahiete vyf honderd man gedood en uitgewis asook die tien seuns van Haman; wat het hulle gedoen in die ander provinsies? Wat is nou jou begeerte? Dit sal aan jou gegee word. Wat is verder jou versoek? Dit sal vir jou gedoen word.”

13. Toe sê Ester: “Laat dit môre ook aan die Y’hudahiete wat in Shushan is, toegestaan word om op te tree volgens die wet wat geld vir vandag en laat die tien seuns van Haman aan die galg opgehang word.”

14. Die koning het bevel gegee dat dit so gedoen word; die wet is in Shushan uitgevaardig en die tien seuns van Haman is opgehang.

15. Die Y’hudahiete wat in Shushan was, het ook op die veertiende dag van dieselfde maand bymekaargekom en drie honderd man in Shushan gedood, maar nie hulle hande op die buit gelê nie.

16. Die ander Y’hudahiete wat in die provinsies van die koning was, het saamgekom en hulle lewe verdedig en gerus van hul vyande; hulle het onder dié wat hulle haat vyf en sewentig duisend gedood, maar nie hulle hande aan die buit gesit nie.

17. Hulle het begin op die dertiende dag van die maand Adar en op die veertiende daarvan het hulle gerus

18. en dit ’n dag van feesviering en vreugde gemaak;

19. daarom maak die Y’hudahiete wat verstrooi is en in ver verwyderde dorpe bly, van die veertiende dag van die maand Adar ’n dag van vrolikheid en feesviering en ’n goeie dag waarop hulle vir mekaar porsies kos stuur.

Lees volledige hoofstuk Ester 9