Ou Testament

Nuwe Testament

Ester 2:10-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. Ester het nie haar volk of haar familie bekend gemaak nie omdat Mordekhai haar beveel het om dit nie bekend te maak nie.

11. Mordekhai het elke dag voor die hof van die huis van die vroue geloop om te hoor hoe dit met Ester gaan en wat van haar sou word.

12. Wanneer die beurt van elke meisie aanbreek om voor koning Agashverosh in te gaan nadat sy twaalf maande daar was volgens die wet vir die vroue, want so is die dae van hulle reiniging bereik: afwisselend elke ses dae met mirre-olie en ses dae lank met speserye en met ander middele vir die reiniging van vroue,

13. het elke meisie dan voor die koning gekom; wat sy ook al begeer is vir haar gegee vanuit die huis van die vroue om saam te vat na die koning se huis.

14. In die aand het sy ingegaan en in die oggend teruggekom na die huis van die vroue onder toesig van Sha’ashgaz, die koning se lyfkneg, bewaker van die byvroue; sy het nie weer by die koning ingegaan, behalwe as die koning vreugde in haar gevind het en haar by die naam roep nie.

15. Toe die beurt van Ester, die dogter van Avigayil, die oom van Mordekhai, wat haar as sy dogter geneem het, kom om in te gaan by die koning, het sy vir niks gevra nie, behalwe wat Hegai, die lyfkneg van die koning, bewaker van vroue, voorgestel het. Ester het guns gevind in die oë van almal wat haar gesien het.

16. Ester het voor koning Agashverosh in sy koninklike paleis ingegaan in die tiende maand, dit is die maand Tevet, in die sewende jaar van sy regering.

17. Die koning het Ester meer liefgekry as al die vroue en sy het guns en aanvaarding in sy oë gevind, meer as al die ander maagde sodat hy die koninklike kroon op haar kop gesit en haar koningin gemaak het in die plek van Vashti.

Lees volledige hoofstuk Ester 2