Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 8:7-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. en die towenaars het dieselfde gedoen met hulle towerkunste en paddas laat opkom oor Mitzrayim.

8. Toe het Farao Moshe en Aharon laat roep en gesê: “Tree in by יהוה sodat Hy die paddas van my en van my volk af sal wegvat en ek sal die volk laat gaan sodat hulle aan יהוה kan offer.”

9. Moshe sê vir Farao: “U het die eer bo my om vir my te sê watter tyd moet ek vir u en u diensknegte en vir u volk intree sodat die paddas van u en vanuit u huise uitgeroei word om net in die rivier oor te bly?”

10. Hy antwoord: “Teen môre.” Toe sê hy: “Dit sal wees volgens u woord sodat u kan verstaan dat daar niemand is soos יהוה, ons God, nie.

11. Die paddas sal u, u huise, u diensknegte en u volk verlaat. Net in die Nyl sal hulle oorbly.”

12. Moshe en Aharon het van Farao af weggegaan en Moshe het tot יהוה geroep aangaande die paddas wat Hy oor Farao gebring het.

13. יהוה het gedoen volgens die woord van Moshe: die paddas het doodgegaan uit die huise, van die voorhowe af en uit die veld

14. en hulle het dit in hope bymekaargemaak en die land het gestink.

15. Toe Farao egter sien dat daar verligting is, het hy sy wil, emosie en verstand verhard en nie na hulle geluister nie, soos יהוה gesê het.

16. יהוה sê vir Moshe: “Sê aan Aharon: steek jou staf uit en slaan die stof van die aarde sodat dit muggies word oor die hele land van Mitzrayim.”

Lees volledige hoofstuk Eksodus 8