Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 8:1-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. יהוה het toe met Moshe gepraat: “Gaan na Farao en sê vir hom: So sê יהוה: ‘Laat My volk gaan sodat hulle My kan dien

2. en as jy weier om hulle te laat gaan, let op, Ek sal jou hele gebied met paddas straf.

3. Die rivier (Nyl) sal van paddas wemel en hulle sal opklim en in jou huis kom, in jou slaapkamer, op jou bed, in die huis van jou diensknegte, onder jou volk, in jou bakoonde en in jou bakskottels

4. en die paddas sal teen jou, teen jou volk en teen al jou diensknegte opspring.’”

5. יהוה het ook vir Moshe gesê: “Sê vir Aharon: Steek jou hand met jou staf oor die strome en oor die riviere en oor die waterpoele uit en laat die paddas opkom oor die land van Mitzrayim.”

6. Aharon het sy hand oor die waters van Mitzrayim uitgesteek en die paddas het opgekom en die land van Mitzrayim oordek

7. en die towenaars het dieselfde gedoen met hulle towerkunste en paddas laat opkom oor Mitzrayim.

8. Toe het Farao Moshe en Aharon laat roep en gesê: “Tree in by יהוה sodat Hy die paddas van my en van my volk af sal wegvat en ek sal die volk laat gaan sodat hulle aan יהוה kan offer.”

9. Moshe sê vir Farao: “U het die eer bo my om vir my te sê watter tyd moet ek vir u en u diensknegte en vir u volk intree sodat die paddas van u en vanuit u huise uitgeroei word om net in die rivier oor te bly?”

10. Hy antwoord: “Teen môre.” Toe sê hy: “Dit sal wees volgens u woord sodat u kan verstaan dat daar niemand is soos יהוה, ons God, nie.

11. Die paddas sal u, u huise, u diensknegte en u volk verlaat. Net in die Nyl sal hulle oorbly.”

12. Moshe en Aharon het van Farao af weggegaan en Moshe het tot יהוה geroep aangaande die paddas wat Hy oor Farao gebring het.

13. יהוה het gedoen volgens die woord van Moshe: die paddas het doodgegaan uit die huise, van die voorhowe af en uit die veld

14. en hulle het dit in hope bymekaargemaak en die land het gestink.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 8