Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 39:20-30 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

20. Hulle het twee goue ringe gemaak en dié aan die twee skouerstukke van die skouerkleed vasgesit, onderaan, aan die voorkant daarvan, by sy verbinding, bo die geweefde band van die skouerkleed

21. en hulle het die borsplaat, met sy ringe, met ’n blou toutjie aan die ringe van die skouerstuk vasgebind sodat dit bo die band van die skouerstuk sou wees en die borsplaat nie van die skouerstuk kon afskuif nie, soos יהוה Moshe beveel het.

22. Hy het die bokleed van die skouerstuk van geweefde werk gemaak, heeltemal van blou materiaal.

23. Die opening van die bokleed was in die middel daarvan soos die opening van ’n borswapen; die opening het ’n soom rondom gehad sodat dit nie mag skeur nie.

24. Aan die soom van die bokleed het hulle granate gemaak van blou, pers en bloedrooi materiaal en wit geweefde linne.

25. Hulle het ook klokkies van suiwer goud gemaak en die klokkies tussen die granate gesit, aan die soom van die bokleed, rondom, tussen die granate:

26. ’n klokkie en ’n granaat, ’n klokkie en ’n granaat, reg rondom aan die soom van die bokleed waarin bedien is, soos יהוה Moshe beveel het.

27. Hulle het ook die klede van wit linne gemaak, van wewerswerk, vir Aharon en sy seuns

28. en die tulbande van wit linne en die ornamentele tulbande van wit linne en die broeke van wit geweefde linne

29. en die gordel van wit geweefde linne en van blou, pers en bloedrooi materiale, die produk van ’n kunstige wewer, soos יהוה Moshe beveel het.

30. Hulle het ook die plaat van die afgesonderde kroon van suiwer goud gemaak en daarop geskrywe met letters, soos dit op ’n seëlsteen uitgesny word: AFGESONDER TOT יהוה.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 39