hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40

Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 39 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Hulle het geweefde klere van blou, pers en bloedrooi materiaal gemaak om in die Afgesonderde Plek te dien en ook die afgesonderde klere vir Aharon gemaak, net soos יהוה Moshe beveel het.

2. Hy het die skouerkleed gemaak van goud, blou, pers en bloedrooi materiaal en wit geweefde linne.

3. Hulle het dun plate van die goud geslaan en hy het dit in drade gesny om dit in te werk in die blou, pers en bloedrooi materiaal en in die wit geweefde linne; ’n produk van kunstige werk.

4. Hulle het skouerstukke daaraan gemaak wat aan mekaar vas is; aan die twee bo-ente was dit aan mekaar vas

5. en die inmekaargeweefde band wat daaraan was om dit vas te bind, was daarmee saam uit een stuk, van dieselfde werk, van goud, blou, pers en bloedrooi materiaal en wit geweefde linne, soos יהוה Moshe beveel het.

6. Hulle het ook die oniksstene gemaak, vasgesit in monteerrame van goud, gegraveer, soos wat op ’n seëlsteen uitgesny word, met die name van die seuns van Yisra’el

7. en hy het hulle op die skouerstukke van die skouerkleed vasgesit as herinneringstene vir die seuns van Yisra’el, soos יהוה Moshe beveel het.

8. Hy het ook die borsplaat van kunstige werk gemaak, soos die werk van die skouerstuk; van goud, blou, pers en bloedrooi materiaal en wit geweefde linne.

9. Hulle het die borsplaat vierkantig gemaak deur dit dubbel te vou; sy lengte ’n span en sy breedte ’n span as dit dubbel gevou is

10. en hulle het vier rye stene daarin geset: ’n ry met ’n robyn, ’n topaas en ’n smarag was die eerste ry.

11. Die tweede ry ’n turkoois, ’n saffier en ’n diamant,

12. die derde ry ’n hiasint, ’n agaat en ’n ametis

13. en die vierde ry ’n beril, ’n oniks en ’n jaspis. Hulle is vasgesit en in goue monteerrame geset.

14. Daar was twaalf stene met die name van die seuns van Yisra’el, volgens hulle name gegraveer, soos wat op ’n seëlsteen uitgesny word; elkeen met sy eie naam volgens die twaalf stamme.

15. Hulle het ook by die borsplaat kettings van suiwer goud gemaak, soos gedraaide toue

16. en hulle het twee goue monteerrame en twee goue ringe gemaak en die twee ringe aan die twee bo-ente van die borsplaat vasgesit

17. en hulle het die twee goue toue aan die twee ringe aan die bo-ente van die borsplaat vasgemaak,

18. maar die twee ander ente van die twee toue het hulle aan die twee monteerrame vasgemaak en dié dan aan die skouerstukke van die skouerkleed vasgesit, aan die voorkant daarvan.

19. Hulle het ook twee goue ringe gemaak en dié aan die twee onder-ente van die borsplaat vasgesit, aan die kant wat teen die skouerkleed aan lê, aan die binnekant.

20. Hulle het twee goue ringe gemaak en dié aan die twee skouerstukke van die skouerkleed vasgesit, onderaan, aan die voorkant daarvan, by sy verbinding, bo die geweefde band van die skouerkleed

21. en hulle het die borsplaat, met sy ringe, met ’n blou toutjie aan die ringe van die skouerstuk vasgebind sodat dit bo die band van die skouerstuk sou wees en die borsplaat nie van die skouerstuk kon afskuif nie, soos יהוה Moshe beveel het.

22. Hy het die bokleed van die skouerstuk van geweefde werk gemaak, heeltemal van blou materiaal.

23. Die opening van die bokleed was in die middel daarvan soos die opening van ’n borswapen; die opening het ’n soom rondom gehad sodat dit nie mag skeur nie.

24. Aan die soom van die bokleed het hulle granate gemaak van blou, pers en bloedrooi materiaal en wit geweefde linne.

25. Hulle het ook klokkies van suiwer goud gemaak en die klokkies tussen die granate gesit, aan die soom van die bokleed, rondom, tussen die granate:

26. ’n klokkie en ’n granaat, ’n klokkie en ’n granaat, reg rondom aan die soom van die bokleed waarin bedien is, soos יהוה Moshe beveel het.

27. Hulle het ook die klede van wit linne gemaak, van wewerswerk, vir Aharon en sy seuns

28. en die tulbande van wit linne en die ornamentele tulbande van wit linne en die broeke van wit geweefde linne

29. en die gordel van wit geweefde linne en van blou, pers en bloedrooi materiale, die produk van ’n kunstige wewer, soos יהוה Moshe beveel het.

30. Hulle het ook die plaat van die afgesonderde kroon van suiwer goud gemaak en daarop geskrywe met letters, soos dit op ’n seëlsteen uitgesny word: AFGESONDER TOT יהוה.

31. Hulle het ’n blou tou daaraan vasgemaak om dit bo-op die tulband vas te sit, soos יהוה Moshe beveel het.

32. So is dan al die werk aan die Tent van Ontmoeting voltooi en die seuns van Yisra’el het dit gemaak net soos יהוה Moshe beveel het; so het hulle dit gemaak.

33. Hulle het die tent na Moshe toe gebring, die tent self met alles wat daarby behoort, sy hakies, sy planke, sy pale, sy pilare, sy voetstukke,

34. die dekkleed van rooigekleurde ramsvelle, die dekkleed van dugongvelle, die verdelingsgordyn van die Toedekking,

35. die ark van die Getuienis met sy pale, die Toedekking,

36. die tafel met al sy bybehore, die brode van die Teenwoordigheid,

37. die suiwer lampstaander met sy lampe, die lampe wat daarop gerangskik moes word, met al sy bybehore en die olie vir die lampstaander;

38. verder die goue altaar, die salfolie, die reukwerk van speserye en die gordyn vir die ingang van die tent;

39. die koper altaar en sy koper loopvlak, sy pale met al sy bybehore, die kom en sy voetstuk,

40. die gordyne van die voorhof, sy pilare en sy voetstukke, die gordyn vir die poort van die voorhof, die lyne en penne wat daarby hoort en al die bybehore vir die diens in die Tent van Ontmoeting;

41. die geweefde klere, waarmee in die Afgesonderde plek bedien is, die afgesonderde klere van Aharon, die priester en die klere van sy seuns, om in te dien as priesters.

42. Volgens alles wat יהוה Moshe beveel het, so het die seuns van Yisra’el al die werk gedoen.

43. Moshe het al die werk inspekteer en werklik, hulle het dit gemaak soos יהוה beveel het, so het hulle dit gemaak en Moshe het hulle geseën.