Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 39:13-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

13. en die vierde ry ’n beril, ’n oniks en ’n jaspis. Hulle is vasgesit en in goue monteerrame geset.

14. Daar was twaalf stene met die name van die seuns van Yisra’el, volgens hulle name gegraveer, soos wat op ’n seëlsteen uitgesny word; elkeen met sy eie naam volgens die twaalf stamme.

15. Hulle het ook by die borsplaat kettings van suiwer goud gemaak, soos gedraaide toue

16. en hulle het twee goue monteerrame en twee goue ringe gemaak en die twee ringe aan die twee bo-ente van die borsplaat vasgesit

17. en hulle het die twee goue toue aan die twee ringe aan die bo-ente van die borsplaat vasgemaak,

18. maar die twee ander ente van die twee toue het hulle aan die twee monteerrame vasgemaak en dié dan aan die skouerstukke van die skouerkleed vasgesit, aan die voorkant daarvan.

19. Hulle het ook twee goue ringe gemaak en dié aan die twee onder-ente van die borsplaat vasgesit, aan die kant wat teen die skouerkleed aan lê, aan die binnekant.

20. Hulle het twee goue ringe gemaak en dié aan die twee skouerstukke van die skouerkleed vasgesit, onderaan, aan die voorkant daarvan, by sy verbinding, bo die geweefde band van die skouerkleed

21. en hulle het die borsplaat, met sy ringe, met ’n blou toutjie aan die ringe van die skouerstuk vasgebind sodat dit bo die band van die skouerstuk sou wees en die borsplaat nie van die skouerstuk kon afskuif nie, soos יהוה Moshe beveel het.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 39