hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40

Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. יהוה het vir Moshe gesê: “Gaan na Farao en sê vir hom: So sê יהוה, die God van die Hebreërs: ‘Laat My volk gaan sodat hulle My kan dien

2. en as jy weier om hulle te laat gaan en hulle nog vashou,

3. let op, dan sal die hand van יהוה teen jou beeste wat in die veld is, teen die perde, teen die donkies, teen die kamele, teen die osse en teen die kleinvee wees, met ’n baie swaar pes.

4. יהוה sal ’n onderskeid maak tussen die lewende hawe van die Yisra’eliete en die lewende hawe van die Mitzrayiete sodat niks sal doodgaan van alles wat aan die seuns van Yisra’el behoort nie.’”

5. יהוה het ’n bepaalde tyd vasgestel en gesê: “Môre sal יהוה hierdie ding doen in die land.”

6. יהוה het dit die volgende dag gedoen: al die lewende hawe van die Mitzrayiete het doodgegaan, maar van die vee van die seuns van Yisra’el is nie een dood nie.

7. Farao het gestuur en let op, nie eens een van die lewende hawe van die Yisra’eliete was dood nie! Farao se wil, emosie en verstand was verhard en hy het die volk nie laat gaan nie.

8. יהוה het vir Moshe en Aharon gesê: “Vat vir julle hande vol as uit ’n hoogoond en laat Moshe dit na die hemel toe uitgooi voor die oë van Farao

9. en dit sal ’n fyn stof word oor die hele land van Mitzrayim en op mense en diere ontsteking veroorsaak wat in swere uitbreek, regoor die hele land van Mitzrayim.”

10. Hulle het toe as uit die hoogoond gevat, voor Farao gaan staan en Moshe het dit na die hemel uitgegooi en dit het ontstekings geword wat in swere uitbreek op mense en diere.

11. Die towenaars kon nie voor Moshe staan vanweë die swere nie, want die swere was op die towenaars en op al die Mitzrayiete.

12. יהוה het Farao se wil, emosie en verstand onveranderlik gemaak en hy het nie na hulle geluister nie, soos יהוה vir Moshe gesê het.

13. יהוה het vir Moshe gesê: “Staan vroeg in die oggend op, staan voor Farao en sê vir hom: so sê יהוה, die God van die Hebreërs: laat My volk gaan sodat hulle My kan dien,

14. want hierdie keer sal Ek al My plae teen jou stuur, teen jou diensknegte en jou volk sodat jy kan verstaan dat daar niemand op die hele aarde is soos Ek nie,

15. want as Ek My hand uitgesteek het en jou en jou volk met die pes getref het, sou jy van die aarde af vernietig wees.

16. Daarenteen, vir hierdie doel het Ek jou laat agterbly, om My krag vir jou te wys en My Karakter en Outoriteit (Naam) op die hele aarde te verklaar.Rom 9:17

17. Steeds verhoog jy jouself teen My volk dat jy hulle nie wil laat gaan nie.

18. Let op, Ek sal môre omtrent hierdie tyd ’n baie swaar hael laat reën soos wat in Mitzrayim nog nie was van die dag af dat dit gevind is tot nou toe nie.

19. Stuur daarom nou en laat jou lewende hawe en alles wat jy in die veld het, na veiligheid bring. Al die mense en die diere wat in die veld gevind word, wat nie binnetoe gebring is nie, op hulle sal die hael val en hulle sal sterf.”

20. Hulle wat יהוה se woord gevrees het onder die diensknegte van Farao, het hulle slawe en lewende hawe na die skuilings laat vlug,

21. maar die wat geen ag gegee het op יהוה se woord nie, het hulle slawe en lewende hawe in die veld laat bly.

22. יהוה sê vir Moshe: “Steek jou hand uit na die hemele sodat daar hael sal wees in die hele land van Mitzrayim, oor mense, diere en oor al die plante van die veld in die land van Mitzrayim.”

23. Moshe het sy staf na die hemele uitgesteek en יהוה het donder en hael gestuur en vuur het na die aarde gereën en יהוה het hael op die land van Mitzrayim laat reën.

24. Daar was hael en vuur binne-in die hael, baie swaar, soos in die hele land van Mitzrayim nog nooit was vandat dit ’n nasie geword het nie.

25. Die hael het in die hele land van Mitzrayim alles wat in die veld was geslaan, mense sowel as diere en die hael het al die plante van die veld geslaan en al die bome van die veld verpletter.

26. Net in die land Goshen, waar die seuns van Yisra’el was, was daar geen hael nie.

27. Farao het gestuur en Moshe en Aharon laat roep en vir hulle gesê: “Ek het dié keer sonde gedoen. יהוה is die Regverdige Een en ek en my volk is dié wat boos oortree.

28. Tree in by יהוה, want daar was genoeg van God se donder en hael. Ek sal julle laat gaan en julle sal nie langer bly nie.”

29. Moshe sê vir hom: “So gou as wat ek uit die stad uitgegaan het, sal ek my hande tot יהוה uitbrei. Die donder sal ophou en die hael sal nie meer wees nie sodat u kan weet dat die aarde aan יהוה behoort,

30. maar wat u en u diensknegte betref; ek weet dat julle יהוה-God nog nie vrees nie.”

31. Die vlas en die gars is geslaan, want die gars was in die aar en die vlas in die knop,

32. maar die graan en die spelt is nie geslaan nie, want hulle is laat oeste.

33. Moshe het uit die stad uit van Farao af weggegaan en sy hande tot יהוה uitgebrei en die donder en hael het opgehou en die reën het nie meer op die aarde geval nie.

34. Toe Farao sien dat die reën, die hael en die donder ophou, het hy weer gesondig en sy wil, emosie en verstand verhard; hy en sy diensknegte.

35. Farao se wil, emosie en verstand was onveranderlik sodat hy die seuns van Yisra’el nie laat gaan het nie, soos יהוה deur die hand van Moshe gesê het.