Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 34:1-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. יהוה het vir Moshe gesê: “Beitel vir jou twee kliptafels uit soos die eerstes en Ek sal op hierdie tafels die woorde skryf wat op die eerste tafels was, wat jy gebreek het.

2. Wees gereed teen die oggend en klim in die oggend op na die berg Sinai en meld jou by My aan op die top van die berg.

3. Niemand mag saam met jou opklim nie en laat daar ook niemand op die hele berg gesien word nie; laat ook geen kleinvee of beeste teen hierdie berg wei nie.”

4. Hy het twee kliptafels gebeitel soos die eerstes en Moshe het die oggend vroeg opgestaan en opgegaan met die berg Sinai, soos יהוה hom beveel het en die twee kliptafels in sy hand gevat.

5. יהוה het afgekom in die wolk en daar by hom gestaan terwyl Hy die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה aanroep.

6. יהוה het by hom verbygegaan en verklaar: “יהוה, יהוה, Magtige God; vol omgee en goedgunstig,Ya’a 5:11 stadig om kwaad te word, oorvloedig in vriendelike goedheid en waarheid;

7. wat onverdiende guns hou vir duisende, wat boosheid, oortreding en sonde vergewe, maar nooit die skuldige onskuldig verklaar nie; wat die wetsoortreding van die vaders, die seuns en die kleinseuns laat beïnvloed, tot aan die derde en die vierde geslag.”

8. Moshe het hom gou laag na die aarde toe neergebuig en aanbid

9. en gesê: “יהוה, as ek nou guns in U oë gevind het, laat יהוה asseblief tussen ons trek, al is dit ’n hardnekkige volk, maar vergewe ons oortreding van die wet en ons sonde en vat ons as U eie besitting.”

10. Toe sê God: “Let op, Ek sluit ’n verbond. Voor jou hele volk sal Ek uitsonderlike wonderwerke doen soos daar op die hele aarde en onder al die nasies nie gedoen is nie sodat al die mense tussen wie jy is, die werk van יהוה kan sien, want dit is ’n verskriklike ding wat Ek met jou sal doen.

11. Wees seker om te gehoorsaam wat Ek jou op dié dag beveel. Let op, Ek gaan die Emoriete, Kena’aniete, Hittiete, P’riziete, Hiviete en Y’vusiete voor jou uit verdryf.

12. Pas jouself op dat jy geen verbond sluit met die inwoners van die land waarheen jy gaan nie sodat dit nie miskien ’n strik tussen julle word nie,

Lees volledige hoofstuk Eksodus 34