Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 32:1-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe die volk sien dat Moshe lank vat om van die berg af te kom, het die volk by Aharon bymekaargekom en vir hom gesê: “Staan op, maak vir ons gode wat voor ons uit sal gaan, want hierdie Moshe, die man wat ons uit die land van Mitzrayim uitgebring het, ons weet nie wat van hom geword het nie.”Hand 7:40

2. Aharon sê vir hulle: “Haal die goue ringe af wat aan die ore van julle vroue, julle seuns en julle dogters is en bring dit vir my.”

3. Die hele volk het die goue ringe, wat aan hulle ore was, afgehaal en dit na Aharon gebring.

4. Hy het dit uit hulle hand gevat en dit met ’n beitel bewerk totdat hy daarvan ’n gegote kalf gemaak het. Hulle het gesê: “Dit is jou god, o Yisra’el, wat jou uit die land van Mitzrayim laat optrek het.”

5. Toe Aharon dit sien, het hy ’n altaar voor dit gebou en Aharon het uitgeroep en gesê: “Môre is ’n fees tot eer van יהוה.”

6. Hulle het die volgende dag vroeg opgestaan, brandoffers geoffer en vredesoffers gebring en die volk het gaan sit om te eet en te drink en hulle het opgestaan om te speel.1 Kor 10:7

7. יהוה sê vir Moshe: “Gaan! Gaan af, want jou volk wat jy uit die land van Mitzrayim uitgebring het, het hulleself korrup gemaak.

8. Hulle het gou van die pad af weggedraai wat Ek hulle beveel het. Hulle het vir hulle ’n gegote kalf gemaak en daarvoor neergebuig en daaraan geoffer en gesê: ‘Dit is jou god, o Yisra’el, wat jou uit die land van Mitzrayim laat optrek het.’”

9. יהוה het vir Moshe gesê: “Ek het hierdie volk gesien en, let op, hulle is ’n hardnekkige volk.Hand 7:51

10. Laat My daarom alleen sodat My wraak teen hulle kan brand en Ek hulle verteer en Ek sal van jou ’n groot nasie maak.”

11. Moshe het voor יהוה, sy God, gesmeek en gesê: “Waarom, יהוה, brand U woede teen U volk wat U met groot krag en met ’n sterk hand uit die land van Mitzrayim uitgelei het?

Lees volledige hoofstuk Eksodus 32