Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 28:36-40 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

36. Jy moet ook ’n plaat van suiwer goud maak en daarop graveer, soos die gravering op ’n seëlsteen: AFGESONDER TOT יהוה.

37. Jy moet dit vasmaak aan ’n blou tou sodat dit aan die tulband vas kan wees; dit moet aan die voorkant van die tulband wees.

38. So moet dit dan op die voorkop van Aharon wees sodat Aharon die straf vir die oortredinge kan dra met betrekking tot die afgesonderde dinge wat die seuns van Yisra’el sal afsonder deur al hulle afgesonderde gawes. Dit moet voortdurend op sy voorkop wees sodat hulle voor יהוה aanvaar mag word.

39. Jy moet die kleed van wit geweefde linne kunstig uitwerk. Jy moet ook die tulband van wit geweefde linne maak en die gordel moet jy veelkleurig uitwerk.

40. Vir die seuns van Aharon moet jy klede en gordels maak. Jy moet ook vir hulle tulbande maak, tot eer, lof en tot versiering.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 28