Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 28:32-41 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

32. Daar moet ’n opening vir sy kop in die middel wees. Rondom die opening moet ’n soom uitgewerk wees, soos die opening van ’n borsplaat sodat dit nie geskeur kan word nie.

33. Aan die soom, onderaan, moet jy granate van blou, pers en bloedrooi stof, reg rondom die soom maak en tussen-in goue klokkies reg rondom:

34. ’n goue klokkie en ’n granaat, ’n goue klokkie en ’n granaat, aan die soom van die bokleed, reg rondom.

35. Aharon moet dit aanhê wanneer hy bedien sodat die geluid daarvan gehoor word as hy in die Afgesonderde plek, voor die Teenwoordigheid van יהוה, ingaan en as hy uitgaan sodat hy nie sterf nie.

36. Jy moet ook ’n plaat van suiwer goud maak en daarop graveer, soos die gravering op ’n seëlsteen: AFGESONDER TOT יהוה.

37. Jy moet dit vasmaak aan ’n blou tou sodat dit aan die tulband vas kan wees; dit moet aan die voorkant van die tulband wees.

38. So moet dit dan op die voorkop van Aharon wees sodat Aharon die straf vir die oortredinge kan dra met betrekking tot die afgesonderde dinge wat die seuns van Yisra’el sal afsonder deur al hulle afgesonderde gawes. Dit moet voortdurend op sy voorkop wees sodat hulle voor יהוה aanvaar mag word.

39. Jy moet die kleed van wit geweefde linne kunstig uitwerk. Jy moet ook die tulband van wit geweefde linne maak en die gordel moet jy veelkleurig uitwerk.

40. Vir die seuns van Aharon moet jy klede en gordels maak. Jy moet ook vir hulle tulbande maak, tot eer, lof en tot versiering.

41. So moet jy jou broer Aharon en sy seuns saam met hom aantrek. Jy moet hulle salf, hulle aanstel en hulle afsonder sodat hulle My as priesters kan dien.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 28