Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 28:26-30 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

26. Jy moet ook twee goue ringe maak en dié aan die twee kante van die borsplaat, aan die einde wat teen die skouerstuk lê, aan die binnekant, vasmaak.

27. Jy moet nog twee goue ringe maak en dié aan die twee skouers van die skouerstuk, onderaan, aan die voorkant daarvan, by sy verbinding, bokant die geweefde band van die skouerstuk, vasmaak.

28. Hulle moet die borsplaat, met sy ringe, aan die ringe van die skouerstuk met ’n persblou tou vasbind sodat dit bokant die geweefde band van die skouerstuk is en die borsplaat nie loskom van die skouerstuk af nie.

29. Aharon moet die name van die seuns van Yisra’el, in die borsplaat van beslissing, op sy hart dra as hy in die Afgesonderde deel ingaan, as ’n voortdurende herinnering voor die Teenwoordigheid van יהוה.

30. Jy moet ook die Urim en die Tumim in die borsplaat van beslissing sit sodat hulle op die hart van Aharon kan wees as hy voor die Teenwoordigheid van יהוה ingaan. Aharon moet die beslissing van die seuns van Yisra’el voortdurend op sy hart draEfe 6:14b voor die Teenwoordigheid van יהוה.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 28