Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 28:1-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Vat nou jou broer Aharon en sy seuns saam met hom, uit die seuns van Yisra’el sodat hy My kan dien as priester: Aharon en die seuns van Aharon: Nadav, Avihu, El’azar en Itamar.

2. Jy moet vir jou broer Aharon afgesonderde klere maak, tot eer en lof en tot versiering.

3. Jy moet praat met almal wat vaardig is, wat Ek met die gees van wysheid vervul het sodat hulle Aharon se klere maak, om hom af te sonder sodat hy vir My as priester kan dien.

4. Hierdie is die klere wat hulle moet maak: ’n borsplaat, ’n skouerstuk, ’n bokleed, ’n uitgewerkte kleed, ’n tulband en ’n gordel. Hulle moet vir Aharon, jou broer en vir sy seuns, afgesonderde klere maak, om My as priester te dien.

5. Hulle moet die goud, die blou, die pers en bloedrooi materiaal en die wit geweefde linne vat

6. en hulle moet die skouerstuk maak van goud, blou, pers en bloedrooi materiaal en wit geweefde linne, die produk van kunstige werk.

7. Dit moet twee skouerstukke hê wat aan mekaar vas is; aan die twee bo-ente moet dit aan mekaar vas gesit word.

8. Die inmekaargeweefde band wat daarop is, moet van dieselfde werk wees, van goud, blou, pers en bloedrooi materiaal en wit geweefde linne.

9. Jy moet twee oniksstene vat en die name van die seuns van Yisra’el daarop graveer:

10. ses van dié name op die een steen en die ses ander name op die ander steen, volgens hulle geboortes.

11. Met die werk van ’n graveerder op klippe, graveerwerk soos wat op ’n seëlsteen uitgesny word, moet jy die name van die seuns van Yisra’el op die twee stene graveer. Jy moet hulle in ’n raam van goud set.

12. Jy moet die twee stene op die skouers van die skouerstuk vasmaak as herinneringstene vir die seuns van Yisra’el. So sal Aharon hulle name voor die Teenwoordigheid van יהוה op sy twee skouers dra om hulle in herinnering te bring.

13. Jy moet ook monteerrame van goud maak

Lees volledige hoofstuk Eksodus 28