Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 27:15-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

15. en vir die ander kant vyftien el behangsels, met hulle drie pilare en hulle drie voetstukke.

16. Die ingang van die voorhof moet ’n behangsel van twintig el wees, van blou, pers en bloedrooi materiaal en wit geweefde linne, die produk van kunstige weefwerk; met vier pilare en hulle vier voetstukke.

17. Al die pilare rondom die voorhof moet silwer ringe en silwer hake hê en voetstukke van koper.

18. Die lengte van die voorhof moet honderd el wees en die breedte vyftig by vyftig en die hoogte vyf el, van wit geweefde linne, saam met voetstukke van koper.

19. Al die bybehore van die tabernakel, vir al sy dienste, al sy penne en al die penne van die voorhof, moet van koper wees.

20. Jy moet die seuns van Yisra’el beveel dat hulle vir jou suiwer, uitgestampte olyfolie vir die lig moet bring, om voortdurend ’n brandende lamp te hê.

21. In die Tent van Ontmoeting, buitekant die verdelingsgordyn wat voor die Getuienis is, moet Aharon en sy seuns dit regmaak om voor die Teenwoordigheid van יהוה te brand, van die aand tot die oggend toe. Dit sal vir die seuns van Yisra’el ’n ewige instelling in hulle geslagte wees.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 27