Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 22:1-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. As ’n man ’n bees of ’n skaap steel en dit slag of verkoop, moet hy vyf beeste vir ’n bees en vier skape vir ’n skaap vergoed.Luk 19:8

2. As ’n dief betrap word terwyl hy inbreek en hy word geslaan sodat hy sterwe, sal daar geen skuld vir bloedvergieting teenoor hom wees nie;

3. as die son oor hom opgegaan het, sal daar skuld wees vir sy bloed. Hy moet ten volle vergoeding gee; as hy niks het nie, moet hy vir sy diefstal verkoop word.

4. As die gesteelde goed, of dit ’n bees, ’n donkie of ’n skaap is, nog lewendig in sy hand gevind word, moet hy dubbel vergoeding gee.

5. As iemand ’n stuk veld of ’n wingerd laat af eet en sy vee vry laat loop sodat dit die veld van ’n ander af eet, moet hy van die beste van sy veld en die beste van sy wingerd as vergoeding gee.

6. As ’n vuur uitbreek en na dorings versprei sodat ’n mied of die ongesnyde graan of die veld verteer word, moet hy wat die vuur begin het, ten volle vergoeding gee.

7. As iemand aan sy naaste geld of artikels in bewaring gee en dit word uit die man se huis gesteel, moet die dief, as hy gevind word, dubbel vergoeding gee.

8. As die dief nie gevind word nie, moet die eienaar van die huis na die regters gaan om te beslis of hy nie sy hand in sy naaste se goed gesteek het nie.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 22