Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 2:17-25 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

17. Die herders het gekom en hulle weggedryf, maar Moshe het opgestaan en hulle gehelp en hulle vee laat drink.

18. Toe hulle by hul vader Re’u’el kom, sê hy: “Waarom het julle vandag so gou gemaak?”

19. Hulle antwoord: “’n Mitzrayiet het ons uit die hand van die herders verlos en wat meer is, ook vir ons water getrek en die vee laat drink.”

20. Hy sê vir sy dogters: “Waar is hy dan? Waarom het julle die man daar laat staan? Nooi hom dat hy iets kan eet.”

21. Moshe het ingewillig om by die man te bly en hy het sy dogter Tzipporah vir Moshe gegee.

22. Sy het vir hom geboorte gegee aan ’n seun en hy het sy naam Gershom genoem, want hy het gesê: ‘Ek het ’n besoeker in ’n vreemde land geword.’Hand 7:29

23. Dit het gebeur na ’n lang tyd dat die koning van Mitzrayim dood is. Die seuns van Yisra’el het gesug as gevolg van die slawerny en hulle het uitgeroep en die uitroep oor hulle slawerny het opgegaan na God toe.

24. God het hulle gesug gehoor en God het Sy verbond met Avraham, met Yitz’gak en met Ya’akov onthou.

25. God het aandag gegee aan die seuns van Yisra’el en God het met hulle ’n verbondsverhouding gehad.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 2