Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 2:13-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

13. Hy het die volgende dag uitgegaan en let op, twee Hebreërs baklei met mekaar en hy vra vir die bose oortreder: “Waarom slaan jy die ander persoon?”

14. Hy antwoord: “Wie het jou as heerser en regter oor ons aangestel? Beplan jy om my dood te slaan soos jy die Mitzrayiet doodgemaak het?” Moshe was bang en het gesê: “Waarlik, die ding is bekend!”Hand 7:28

15. Toe Farao van dié saak hoor, het hy probeer om Moshe dood te maak, maar Moshe het van Farao af weggevlug en in die land Midyan gaan woon en hy het by ’n put gesit.

16. Die nie-Levitiese priester van Midyan het sewe dogters gehad en hulle het gekom en water getrek en die drinkbakke vol gemaak om hulle vader se kleinvee te laat drink.

17. Die herders het gekom en hulle weggedryf, maar Moshe het opgestaan en hulle gehelp en hulle vee laat drink.

18. Toe hulle by hul vader Re’u’el kom, sê hy: “Waarom het julle vandag so gou gemaak?”

19. Hulle antwoord: “’n Mitzrayiet het ons uit die hand van die herders verlos en wat meer is, ook vir ons water getrek en die vee laat drink.”

20. Hy sê vir sy dogters: “Waar is hy dan? Waarom het julle die man daar laat staan? Nooi hom dat hy iets kan eet.”

Lees volledige hoofstuk Eksodus 2