Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 19:17-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

17. Moshe het die volk uit die kamp uitgelei om God te ontmoet en hulle het gaan staan by die voet van die berg.Hand 2:1-3

18. Die hele berg Sinai was in rook omdat יהוה in ’n vuur daarop afgekom het. Sy rook het opgetrek soos die rook van ’n hoogoond en die hele berg het vreeslik geskud.

19. Toe die klank van die ramshoring aangehou het en uitermate harder geword het, het Moshe gepraat en God het hom met ’n harde stem geantwoord.

20. יהוה het afgekom op die berg Sinai, op die top van die berg en יהוה het Moshe na die top van die berg geroep en Moshe het opgegaan.

21. יהוה het vir Moshe gesê: “Gaan af, waarsku die volk dat hulle nie moet deurbreek om יהוה te sien en baie van hulle doodgaan nie.

22. Laat ook die priesters wat naby יהוה kom, hulleself afsonder sodat יהוה nie teen hulle uitbreek nie.”

Lees volledige hoofstuk Eksodus 19