Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 13:8-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. Jy moet dit aan jou seun op dié dag bekendmaak en sê: ‘Dit is as gevolg van wat יהוה vir my gedoen het toe ek uit Mitzrayim uitgetrek het.’

9. Dit sal vir jou as ’n teken wees op jou hand en as ’n herinnering tussen jou oë sodat die wet van יהוה in jou mond mag wees, want deur ’n sterk hand het יהוה jou uit Mitzrayim uitgelei;Deut 6:8; Open 13:16

10. daarom moet jy hierdie instelling hou op die spesifieke bepaalde tyd, van jaar tot jaar.

11. Dit sal wees wanneer יהוה jou in die land van die Kena’aniete bring, soos Hy aan jou en jou vaders met ’n eed beloof het en Hy dit vir jou gee

12. dat jy alles wat die baarmoeder oopmaak, aan יהוה moet toewy; ook elke eerstelingLuk 2:23 aanwas van vee, wat jy sal hê wat manlik is, behoort aan יהוה,

13. maar elke eersteling van ’n donkie moet jy met ’n lam loskoop. As jy dit nie wil loskoop nie, moet jy sy nek breek en elke eersgeborene van mense onder jou seuns moet jy loskoop.

14. Dit sal wees, wanneer jou seun jou oor ’n tyd sal vra en sê: ‘Wat beteken dit?’ dan moet jy hom antwoord: ‘יהוה het ons deur ’n sterk hand uit Mitzrayim, uit die huis van slawerny, uitgelei.

15. Dit het gebeur toe Farao te hardkoppig was om ons te laat gaan dat יהוה al die eersgeborenes in die land van Mitzrayim doodgemaak het, beide die eersgeborene van die mense en die eersgeborene van die diere; daarom offer ek aan יהוה alles wat die baarmoeder oopmaak wat manlik is, maar al die eersgeborenes van my seuns koop ek los.Luk 2:23

16. Dit sal as ’n teken op jou hand en as ’n band tussen jou oë wees, want יהוה het ons deur ’n sterk hand uit Mitzrayim uitgebring’.”Deut 6:8; Open 13:16

17. Dit het gebeur dat toe Farao die volk laat gaan het, God hulle nie deur die land van die F’lishtyne gelei het nie, alhoewel dit nader was, want God het gesê: “Sodat die volk, as hulle oorlog sien, nie dalk hulle gedagtes verander en teruggaan na Mitzrayim toe nie.”

Lees volledige hoofstuk Eksodus 13