Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 9:1-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Luister, Yisra’el, jy trek vandag deur die Yarden om nasies te onteien wat groter en sterker is as jy, stede wat groot is en tot by die hemel versterk is,

2. ’n groot volk, wat lank is, die seuns van die `Anakiete, wat jy ken en van wie jy gehoor sê het: ‘Wie kan staan voor die seuns van `Anak?’Heb 12:29 Hy sal hulle vernietig en hulle voor jou onderwerp sodat jy hulle mag uitdryf en hulle vinnig vernietig, net soos יהוה vir jou gesê het.

3. Weet daarom vandag dat יהוה, jou God, die Een is wat voor jou uittrek soos ’n verterende vuur.

4. Nadat יהוה, jou God, hulle voor jou uitgedryf het, moet dan nie in jou gedagtes sê: ‘יהוה het my ter wille van my onpartydige opregtheid ingebring om hierdie land te besit nie,’ maar dit is weens die boosheid van hierdie nasies dat יהוה hulle voor jou onteien.Gen 15:16

5. Nie ter wille van jou onpartydige opregtheid of die opregtheid van jou wil, emosie en verstand kom jy in om hulle land te besit nie, maar weens die boosheid van hierdie nasies dat יהוה, jou God, hulle voor jou uit verdryf om sodoende die eed te vervul wat יהוה tot jou vaders, Avraham, Yitz’gak en Ya’akov, gesweer het.

6. Verstaan daarom dat יהוה, jou God, nie ter wille van jou onpartydige opregtheid vir jou hierdie goeie land gee om te besit nie, want jy is ’n hardnekkige volk.

7. Onthou en moenie vergeet hoe jy יהוה, jou God, in die wildernis uitgetart het tot woede nie. Vanaf die dag dat jy die land van Mitzrayim verlaat het totdat julle by hierdie plek gekom het, was julle rebels teen יהוה.

8. Selfs by Horev het julle יהוה uitgetart tot woede sodat יהוה so kwaad was vir julle dat Hy julle sou vernietig het.

9. Toe ek op die berg geklim het om die kliptafels te ontvang, die tafels van die verbond, wat יהוה met julle gesluit het, het ek veertig dae en veertig nagte lank op die berg gebly. Ek het geen brood geëet of water gedrink nie

10. en יהוה het vir my die twee kliptafels gegee wat geskryf is met die vinger van God en waarop al die woorde was, wat יהוה op die berg, uit die vuur, met julle gepraat het, op die dag van die bymekaarkoms.

11. Aan die einde van veertig dae en veertig nagte het יהוה vir my die twee kliptafels gegee, die tafels van die verbond

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 9