Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 8:1-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Al die opdragte, wat ek jou vandag beveel, moet julle versigtig wees om te doen sodat julle mag lewe, vermenigvuldig en dat julle mag ingaan en die land in besit neem, wat יהוה aan julle vaders met ’n eed beloof het.

2. Jy moet die hele pad onthou waarop יהוה, jou God, jou, vir hierdie veertig jaar in die wildernis gelei het, om jou nederig te maak en jou te toets, om te weet wat in jou wil, emosie en verstand is, of jy Sy opdragte sal hou of nie.`Am 8:11; Mat 4:4; Luk 4:4; Yog 6:48-51; Yog 7:37

3. Hy het jou nederig gemaak, toegelaat dat jy honger ly en jou ‘man hu’ gegee om te eet wat jy en jou vaders nie geken het nie, om julle te laat verstaan dat die mens nie van brood alleen leef nie, maar dat die mens lewe van alles wat uit die mond van יהוה af uitgaan.

4. Vir veertig jaar lank het jou klere nie aan jou verslyt en jou voet nie geswel nie.

5. Dus moes jy in jou verstand, wil en emosie geweet het dat יהוה, jou God, jou gedissiplineer het net soos ’n man sy seun dissiplineer;

6. daarom moet jy die opdragte van יהוה, jou God, hou om op Sy paaie te loop en Hom met respek te vrees,

7. want יהוה, jou God, bring jou in ’n goeie land, ’n land van waterstrome, fonteine en diep water, wat uitvloei in valleie en heuwels;

8. ’n land van koring, gars, wingerdstokke, vyebome en granate; ’n land van olyfolie en heuning;

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 8