Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 7:13-23 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

13. en Hy sal jou liefhê en jou seën en jou vermenigvuldig; Hy sal ook die vrug van jou baarmoeder en die vrug van jou land seën, jou graan, jou nuwe wyn en jou olie, die aanteel van jou beeste en die vermeerdering van jou kleinvee, in die land wat Hy aan jou vaders gesweer het om vir jou te gee.

14. Jy sal meer geseënd wees as al die volke; daar sal tussen jou geen man of vrou steriel of onvrugbaar wees nie; nie onder jou of onder jou vee nie.

15. יהוה sal elke siekte van jou af wegvat en jou nie aantas met enige van al die skadelike siektes van Mitzrayim wat jy geken het nie, maar sal dit laat kom op almal wat jou haat.

16. Jy moet al die volke wat יהוה, jou God, aan jou oorgee, vernietig. Jou oog mag hulle nie jammer kry nie en jy mag nie hulle gode dien nie, want dit sal vir jou ’n valstrik wees.

17. As jy in jou hart sou dink: ‘Hierdie nasies is groter as ek, hoe kan ek hulle onteien?’

18. Moenie vir hulle bang wees nie, maar jy moet onthou wat יהוה, jou God, aan Farao en die hele Mitzrayim gedoen het,

19. die groot toetsinge wat jou oë gesien het, die tekens en die wonders en die magtige hand en die uitgestrekte arm waardeur יהוה, jou God, jou uitgebring het. So sal יהוה, jou God, aan al die volke doen waarvoor jy bang is.

20. יהוה, jou God, sal verder ook die perdebye teen hulle stuur totdat hulle wat oorgebly het en wat vir jou wegkruip, sterf.

21. Jy moenie vir hulle bang wees nie, want יהוה, jou God, die groot en gevreesde, Magtige God, is by jou.

22. יהוה, jou God, sal hierdie nasies stukkie vir stukkie voor jou uit verjaag; jy sal nie in staat wees om hulle almal vinnig te vernietig nie, want die wilde diere sal te veel word vir jou,

23. maar יהוה, jou God, sal hulle aan jou oorgee en sal hulle oorwin met groot verwarring totdat hulle uitgewis is.

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 7