Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 7:1-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Wanneer יהוה, jou God, jou inbring in die land waarheen jy gaan, om dit te besit en Hy baie nasies voor jou uitgegooi het: die Hettiete, Girgashiete, Emoriete, Kena’aniete, P’riziete, Hiviete en Y’vusiete, sewe (7) nasies, groter en magtiger as jy

2. en wanneer יהוה, jou God, hulle aan jou oorgegee het, sal jy hulle verslaan en hulle vernietig tot uitwissing; jy mag geen verbond met hulle maak en hulle geen guns bewys nie

3. en jy mag nie met hulle trou nie; jy mag nie jou dogter gee aan sy seun en nie sy dogter vat vir jou seun nie,

4. want hulle sal jou seuns van My af laat wegdraai, om ander gode te dien en die woede van יהוה sal teen julle brand en jou vinnig vernietig,

5. maar julle moet hulle so behandel: julle moet hulle altare omgooi, hulle pilare stukkend breek en hulle Astarte beelde omkap en hulle gekerfde beelde met vuur verbrand,

6. want jy is ’n afgesonderde volk tot יהוה, jou God; יהוה, jou God, het jou vanuit al die volke wat op die aarde is, gekies om ’n volk vir Sy eie besit te wees.

7. יהוה het nie Sy liefde op julle gesit of julle gekies omdat julle meer was as al die ander volke nie, want julle was die minste van al die volke,

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 7