Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 4:33-44 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

33. Het enige volk ooit die stem van God vanuit vuur hoor praat, soos jy gehoor het en bly lewe?

34. Of het ’n god ooit probeer om vir hom ’n nasie uit ’n ander nasie te gaan vat deur toetsinge, tekens, wonders, deur oorlog, deur ’n magtige hand en ’n uitgestrekte arm en deur groot verskrikkinge, soos wat יהוה, julle God, vir julle, voor julle oë, in Mitzrayim gedoen het?

35. Dit is vir jou gewys sodat jy kan weet dat יהוה God is; daar is geen ander buiten Hom nie.

36. Uit die hemele het Hy jou Sy stem laat hoor om jou te onderrig en op die aarde het Hy jou Sy groot vuur laat sien en jy het Sy boodskappe vanuit die vuur gehoor

37. en omdat Hy julle vaders liefgehad het, het Hy hulle saad na hulle gekies en Hy Persoonlik het julle met Sy magtige krag uit Mitzrayim uitgebring,

38. om nasies groter en magtiger as jyself voor jou uit te verdryf, jou in te bring en hulle land aan jou as erfenis te gee, soos dit vandag is.

39. Weet daarom vandag en neem dit ter harte: יהוה, Hy is God, bo in die hemel en onder op die aarde; daar is geen ander nie.

40. Jy sal daarom Sy reëls en Sy wette hou, wat ek jou vandag beveel sodat dit met jou en jou kinders ná jou goed mag gaan en dat jy lank mag leef in die land wat יהוה, jou God, vir jou gee, vir alle tye.”

41. Toe het Moshe drie stede afgesonder aan die oostekant van die Yarden

42. sodat hy wat manslag begaan het, daarheen kon vlug, wat sy naaste sonder opset doodgeslaan het terwyl hy in vroeëre tye nie teenoor hom vyandig was nie sodat hy na een van hierdie stede kan vlug en bly lewe.

43. Betzer, in die wildernis, op die plato, vir die Re’uveniete; Ramot in Gil’ad vir die Gadiete en Golan in Bashan vir die M’nashiete.

44. Nou hierdie is die wet wat Moshe voor die seuns van Yisra’el gehou het.

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 4