Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 4:29-42 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

29. Van daar af sal jy יהוה, jou God, soek en jy sal Hom vind as jy Hom met jou hele wil, emosie en verstand en jou hele gees en lewe soek.

30. Wanneer jy in nood is en al hierdie dinge oor jou kom, sal jy aan die einde van die dae na יהוה, jou God, terugkeer en na Sy stem luister,Deut 31:6; Heb 13:5 jou nie vernietig nie en Hy sal die verbond met jou vaders, wat Hy aan hulle gesweer het, nie vergeet nie.

31. want יהוה, jou God, is ’n Magtige God wat omgee; Hy sal jou nie in die steek laat,

32. Inderdaad, doen nou navraag oor die vroeëre dae wat voor jou was, van die dag af dat God die mens op die aarde geskep het en vra van die een einde van die hemele tot by die ander, of iets so groots gebeur het of iets soortgelyks gehoor is.

33. Het enige volk ooit die stem van God vanuit vuur hoor praat, soos jy gehoor het en bly lewe?

34. Of het ’n god ooit probeer om vir hom ’n nasie uit ’n ander nasie te gaan vat deur toetsinge, tekens, wonders, deur oorlog, deur ’n magtige hand en ’n uitgestrekte arm en deur groot verskrikkinge, soos wat יהוה, julle God, vir julle, voor julle oë, in Mitzrayim gedoen het?

35. Dit is vir jou gewys sodat jy kan weet dat יהוה God is; daar is geen ander buiten Hom nie.

36. Uit die hemele het Hy jou Sy stem laat hoor om jou te onderrig en op die aarde het Hy jou Sy groot vuur laat sien en jy het Sy boodskappe vanuit die vuur gehoor

37. en omdat Hy julle vaders liefgehad het, het Hy hulle saad na hulle gekies en Hy Persoonlik het julle met Sy magtige krag uit Mitzrayim uitgebring,

38. om nasies groter en magtiger as jyself voor jou uit te verdryf, jou in te bring en hulle land aan jou as erfenis te gee, soos dit vandag is.

39. Weet daarom vandag en neem dit ter harte: יהוה, Hy is God, bo in die hemel en onder op die aarde; daar is geen ander nie.

40. Jy sal daarom Sy reëls en Sy wette hou, wat ek jou vandag beveel sodat dit met jou en jou kinders ná jou goed mag gaan en dat jy lank mag leef in die land wat יהוה, jou God, vir jou gee, vir alle tye.”

41. Toe het Moshe drie stede afgesonder aan die oostekant van die Yarden

42. sodat hy wat manslag begaan het, daarheen kon vlug, wat sy naaste sonder opset doodgeslaan het terwyl hy in vroeëre tye nie teenoor hom vyandig was nie sodat hy na een van hierdie stede kan vlug en bly lewe.

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 4