Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 4:16-28 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

16. sodat julle nie korrup optree en vir julle ’n gekerfde beeld maak in die vorm van enige afbeelding, man of vrou,

17. die afbeelding van enige dier op die aarde, of die afbeelding van enige voël wat in die lug vlieg,

18. ’n afbeelding van enigiets wat op die aarde kruip, ’n afbeelding van enige vis wat in die water onder die aarde is, nie

19. en pas op dat jy nie jou oë na die hemele opslaan en as jy die son, die maan, die sterre en die hele leër van die hemel sien, jy nie weggedryf word en voor hulle neerbuig en hulle dien nie, dinge wat יהוה, jou God, aan al die mense onder die ganse hemele toegedeel het.

20. יהוה het julle gevat en julle uitgehaal uit die yster-smeltoond, uit Mitzrayim, om ’n volk te wees, as Sy eie besitting, soos dit vandag is.

21. Nou, יהוה was kwaad vir my, as gevolg van julle en Hy het gesweer dat ek nie oor die Yarden sal gaan en nie sal kom in die goeie land wat יהוה, julle God, jul as erfenis gee nie,

22. want ek sal in hierdie land sterf, ek sal nie oor die Yarden gaan nie, maar julle sal oorgaan en hierdie goeie land in besit neem.

23. Pas julleself op sodat julle die verbond van יהוה, julle God, wat Hy met julle gesluit het, nie vergeet nie en vir julle ’n gekerfde beeld maak in die vorm van enigiets wat יהוה, jou God, jou verbied het,Heb 12:29 ’n jaloerse God.

24. want יהוה, jou God, is ’n verterende vuur,

25. Wanneer jy die vader word van kinders en kleinkinders en julle lank in die land bly en korrup optree en julle ’n afgod maak in die vorm van enigiets en enige iets gedoen het wat boos is in die oë van יהוה, jou God, om Hom kwaad te maak,

26. dan roep ek die hemele en die aarde vandag as getuies teen julle dat julle sekerlik gou vernietig sal word uit die land, waarheen julle oor die Yarden trek, om dit in besit te neem. Julle sal nie lank daarop lewe nie, maar sal vernietig word tot uitwissing.

27. יהוה sal julle onder die volke verstrooi en ’n klein klompie van julle sal onder die nasies oorbly waarheen יהוה julle sal uitdryf

28. en daar sal julle gode dien, die werk van mensehande, hout en klip, wat nie sien, hoor, eet of ruik nie.Yir 29:13; 1 Kro 28:9

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 4