Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 33:1-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Hierdie is die seën waarmee Moshe, die man van God, die seuns van Yisra’el geseën het voor sy dood.

2. Hy het gesê: “יהוה het vanaf Sinai gekom en geskyn oor ons vanaf Se’ir; Hy het opgestaan vanaf die berg Pa’ran en gekom met tien duisende afgesonderdes aan Sy regterhand.

3. Inderdaad, Hy het in hulle behoeftes voorsien en hulle geliefd gemaak onder die nasies. Hy het al Sy afgesonderdes geseën en hulle het naby, in U voetspore, gevolg; elkeen het U boodskappe ontvang.

4. Moshe het aan ons die wet oorgedra, ’n besitting vir die vergadering van Ya’akov.

5. Hy is koning in Yeshurun, toe die hoofde van die volk bymekaargekom het, die stamme van Yisra’el saam.

6. Mag Re’uven leef en nie sterf nie en sy manne ook nie min wees nie.”

7. Hierdie is die seën vir Y’hudah: “Hoor, O יהוה, die stem van Y’hudah en bring hom naby sy mense; met sy hande het hy vir hulle baklei en mag U vir hom ’n Hulp wees teen sy teëstanders.”

8. Van Levi het hy gesê: “Laat U afsondering en U lig behoort aan die regverdige een, wat U bewys het deur toetsinge en wat U getoets het by die waters van M’rivah;

9. wat van sy vader en sy moeder gesê het: ‘Ek het hulle nie in ag geneem nie’ en sy broers nie erken het en sy seuns nie geag het nie, want hulle het U woord bewaar en U verbond gehou.Yeg 44:23 Hulle sal reukwerk voor U plaas as U kwaad is en heel brandoffers op U altaar.

10. Hulle sal U reëls vir Ya’akov leer en U wet vir Yisra’el.

11. O, יהוה, seën sy wese en aanvaar die werk van sy hande; verpletter die lendene van die wat teen hom opstaan en die wat hom haat sodat hulle nie weer kan opstaan nie.”

12. Van Binyamin het hy gesê: “Mag die een waarvoor יהוה lief is, veilig by Hom loop, wat die hele dag ’n skild om hom sit en woon tussen Sy skouers.”

13. Van Yosef het hy gesê: “Laat sy land geseënd wees deur יהוה met die keur van die hemel, met die dou en vanuit die diep wat onder lê,

14. met die keur wat deur die son voortgebring word, met die keur lewering van die maande,

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 33