Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 31:8-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. יהוה is die Een wat voor jou uitgaan; Hy sal by jou wees; Hy sal jou nie in die steek laat of jou verlaat nie. Moenie bang of ontmoedig wees nie.”

9. Moshe het hierdie wet neergeskryf en dit aan die priesters, die seuns van Levi, gegee wat die verbondsark van יהוה gedra het en aan al die oudstes van Yisra’el.

10. Toe het Moshe hulle beveel en gesê: “Aan die einde van elke sewe jaar, op die bepaalde tyd van die jaar van kwytskelding van skuld, by die Fees van Hutte (Sukkot),

11. wanneer die hele Yisra’el kom om te verskyn voor die Teenwoordigheid van יהוה, jou God, op die plek wat Hy sal kies, moet jy hierdie wet voor die hele Yisra’el lees, waar hulle kan hoor.

12. Laat die volk bymekaarkom, die manne, die vroue, die kinders en die vreemdeling wat in jou dorpe is sodat hulle kan hoor, kan leer en יהוה, julle God, respekvol kan vrees en wees versigtig om al die woorde van hierdie wet te hou.

13. Hulle seuns wat dit nie geken het nie, moet hoor en leer om יהוה, julle God, respekvol te vrees so lank as wat julle lewe in die land waarheen julle deur die Yarden trek, om dit te besit.”

14. Toe het יהוה vir Moshe gesê: “Let op, die tyd vir jou om te sterf is naby; roep vir Y’hoshua en meld julleself aan by die Tent van Ontmoeting sodat Ek hom kan aanstel.” Moshe en Y’hoshua het gegaan en hulleself gaan aanmeld by die Tent van Ontmoeting.

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 31