Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 3:18-25 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

18. Toe het ek julle bevel gegee in daardie tyd en gesê: ‘יהוה, julle God, het aan julle hierdie land gegee, om dit in besit te neem; al die manne wat kan oorlog maak moet gewapend voor jul broers, die seuns van Yisra’el, oortrek,

19. maar julle vroue, julle kinders en julle vee; ek weet dat julle baie vee het; moet in julle stede bly, wat ek vir julle gegee het

20. totdat יהוה aan julle broers rus gegee het, soos aan julle en hulle ook die land besit wat יהוה, julle God, aan hulle oorkant die Yarden gee; dan kan elkeen van julle teruggaan na sy besitting wat ek vir julle gegee het.’

21. Ek het ook vir Y’hoshua in dié tyd beveel en gesê: ‘Jou oë het alles gesien wat יהוה, julle God, aan hierdie twee konings gedoen het. So sal יהוה aan al die koninkryke doen waardeur jy trek.

22. Julle moenie vir hulle bang wees nie, want יהוה, julle God, baklei self vir julle.’

23. Ek het in dié tyd tot יהוה gebid en gesê:

24. ‘O, Meester, יהוה, U het begin om aan U dienskneg U grootheid en U magtige hand te wys, want watter god is daar in die hemele en op die aarde wat werke en magtige dade soos U s’n kan doen?

25. Ek bid, laat my asseblief oortrek en die mooi land sien, wat oorkant die Yarden lê, daardie goeie bergland en L’vanon,’

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 3