Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 24:5-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. Wanneer ’n man ’n nuwe vrou gevat het, mag hy nie saam met die leërmag uittrek of enige diens op hom gelê word nie; een jaar lank moet hy vry wees, by sy huis en geluk en vreugde aan sy vrou, wat hy gevat het, gee.

6. Niemand mag die handmeul of die boonste maalklip as pand neem nie, want hy sou ’n lewe vat as pand.1 Kor 5:13

7. As iemand gevang word wat ’n persoon uit sy landgenote, uit die seuns van Yisra’el, ontvoer, hom geweldadig behandel of hom verkoop, dan moet dié dief sterf. So moet jy die boosheid uit jou midde uitroei.

8. Wees versigtig dat jy noukeurig handel volgens alles wat die Levitiese priesters julle leer aangaande ’n infeksie van melaatsheid; soos ek hulle beveel het, so moet julle dit versigtig doen.

9. Onthou wat יהוה, jou God, op die pad, toe julle uit Mitzrayim uitgekom het, aan Miryam gedoen het.

10. Wanneer jy aan jou naaste enigiets leen, mag jy nie in sy huis ingaan om sy pand te gaan haal nie.

11. Jy moet buite bly staan en die man aan wie jy die lening maak, moet die pand uitbring na jou toe.

12. As hy ’n arm man is, moet jy nie met sy pand gaan slaap nie.

13. Wanneer die son ondergaan moet jy beslis die pand aan hom teruggee sodat hy in sy kleed kan slaap en jou seën en dit sal onpartydige opregtheid vir jou wees voor יהוה, jou God.

14. Jy mag nie ’n gehuurde dienskneg onderdruk wat arm en behoeftig is nie, of hy een van jou landgenote of een van jou vreemdelinge, wat in jou land of in jou dorpe is, is nie.

15. Jy moet hom sy loon gee op die dag self, voordat die son ondergaan, want hy is arm en sy begeerte is daarna sodat hy nie teen jou tot יהוה roep en dit sonde in jou word nie.2 Kon 14:6; Yir 31:30; Yeg 18:20 elkeen moet vir sy eie sonde doodgemaak word.

16. Vaders mag nie vir die seuns doodgemaak word en seuns mag nie vir die vaders doodgemaak word nie;

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 24