Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 24:16-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

16. Vaders mag nie vir die seuns doodgemaak word en seuns mag nie vir die vaders doodgemaak word nie;

17. Jy mag nie die reg wat ’n vreemdeling en die wees toekom verdraai nie en ook nie die kledingstuk van ’n weduwee as pand neem nie,

18. maar jy moet onthou dat jy ’n slaaf was in Mitzrayim en dat יהוה, jou God, jou daaruit losgekoop het; daarom beveel ek jou om hierdie ding te doen.

19. Wanneer jy jou oes op jou land insamel en ’n gerf op die land vergeet, mag jy nie teruggaan om dit te gaan haal nie; dit sal wees vir die vreemdeling, die wees en die weduwee sodat יהוה, jou God, jou kan seën in al die werk van jou hande.

20. Wanneer jy jou olyfbome afslaan, moet jy nie weer oor die takke gaan nie; dit sal wees vir die vreemdeling, die wees en die weduwee.

21. Wanneer jy die druiwe bymekaarmaak uit jou wingerd, moet jy nie weer daaroor gaan nie; dit sal wees vir die vreemdeling, die wees en die weduwee.

22. Jy moet onthou dat jy ’n slaaf was in die land van Mitzrayim; daarom beveel ek jou om hierdie ding te doen.

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 24