Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 24:12-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. As hy ’n arm man is, moet jy nie met sy pand gaan slaap nie.

13. Wanneer die son ondergaan moet jy beslis die pand aan hom teruggee sodat hy in sy kleed kan slaap en jou seën en dit sal onpartydige opregtheid vir jou wees voor יהוה, jou God.

14. Jy mag nie ’n gehuurde dienskneg onderdruk wat arm en behoeftig is nie, of hy een van jou landgenote of een van jou vreemdelinge, wat in jou land of in jou dorpe is, is nie.

15. Jy moet hom sy loon gee op die dag self, voordat die son ondergaan, want hy is arm en sy begeerte is daarna sodat hy nie teen jou tot יהוה roep en dit sonde in jou word nie.2 Kon 14:6; Yir 31:30; Yeg 18:20 elkeen moet vir sy eie sonde doodgemaak word.

16. Vaders mag nie vir die seuns doodgemaak word en seuns mag nie vir die vaders doodgemaak word nie;

17. Jy mag nie die reg wat ’n vreemdeling en die wees toekom verdraai nie en ook nie die kledingstuk van ’n weduwee as pand neem nie,

18. maar jy moet onthou dat jy ’n slaaf was in Mitzrayim en dat יהוה, jou God, jou daaruit losgekoop het; daarom beveel ek jou om hierdie ding te doen.

19. Wanneer jy jou oes op jou land insamel en ’n gerf op die land vergeet, mag jy nie teruggaan om dit te gaan haal nie; dit sal wees vir die vreemdeling, die wees en die weduwee sodat יהוה, jou God, jou kan seën in al die werk van jou hande.

20. Wanneer jy jou olyfbome afslaan, moet jy nie weer oor die takke gaan nie; dit sal wees vir die vreemdeling, die wees en die weduwee.

21. Wanneer jy die druiwe bymekaarmaak uit jou wingerd, moet jy nie weer daaroor gaan nie; dit sal wees vir die vreemdeling, die wees en die weduwee.

22. Jy moet onthou dat jy ’n slaaf was in die land van Mitzrayim; daarom beveel ek jou om hierdie ding te doen.

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 24