Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 16:9-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. Jy moet vir jouself sewe weke tel; vandat die sekel die eerste keer in die ongesnyde graan geslaan word, moet jy sewe weke tel.

10. Dan moet jy die Fees van Weke hou vir יהוה, jou God, met ’n deel van die vrywillige offer van jou hand wat jy sal gee namate יהוה, jou God, jou sal seën.

11. Jy sal jou verheug voor יהוה, jou God, jy, jou seun, jou dogter, jou slaaf, jou slavin, die Leviet wat in jou poorte is, die besoeker, die wees en die weduwee wat by jou is, op die plek wat יהוה, jou God, sal kies om Sy Naam (Karakter en Outoriteit) te bevestig.

12. Jy moet onthou dat jy ’n slaaf in Mitzrayim was en jy moet daarop let om hierdie reëls te hou.Yog 7:2

13. Jy sal die Fees van Hutte sewe dae lank hou nadat jy van jou dorsvloer en jou wynpers ingevorder het.

14. Jy moet jou verheug in jou fees, jy, jou seun, jou dogter, jou slaaf, jou slavin, die Leviet, die besoeker, die wees en die weduwee wat in jou poorte is.

15. Sewe dae lank moet jy tot יהוה, jou God, fees hou op die plek wat יהוה sal kies, want יהוה, jou God, sal jou seën in al jou opbrengs en in al die werk van jou hande sodat jy ten volle vreugdevol sal wees.Yog 5:1

16. Drie maal per jaar moet al jou manne voor die Teenwoordigheid van יהוה, jou God, verskyn op die plek wat Hy sal kies; op die Fees van Ongesuurde Brode, op die Fees van Weke en op die Fees van Hutte en hulle mag nie met leë hande voor die Teenwoordigheid van יהוה verskyn nie.

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 16